Cannes-rolprentfees 1973

  Cannes-rolprentfees 1973 

Datum 10-25 Mei 1973
Plek Cannes, Frankryk
Getal prente  24 in kompetisie
7 kortprente
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Godspell
Afsluitingsfliek  Lady Sings the Blues
Palme d'Or  The Hireling
Scarecrow

Die 26ste Cannes-rolprentfees is van 10-25 Mei 1973 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Hireling deur Alan Bridges en Scarecrow deur Jerry Schatzberg.[1]

Die fees is geopen met Godspell deur David Greene[2][3] en afgesluit met Lady Sings the Blues deur Sidney J. Furie.[4] Die Sweedse aktrise Ingrid Bergman was die president van die jurie.

In dié jaar het Swastika, ’n dokumentêr deur Philippe Mora oor Adolf Hitler se daaglikse en sosiale lewe, negatiewe reaksie ontlok[5] en het The Holy Mountain deur Alejandro Jodorowsky omstredenheid veroorsaak weens die uitbeelding van uiterse geweld.[6]

  1. "26ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 4 Junie 2017.
  2. "'Godspell' Opens Cannes Festival". nytimes.com (in Engels). 12 Mei 1973. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 13 Julie 2017.
  3. "Godspell". news.google.com. Besoek op 25 Mei 2017.
  4. "France: Paul Newman and Diana Ross among stars at Cannes Film Festival prizegiving". itnsource.com. Besoek op 14 Julie 2017.
  5. "College Screens Disturbing Images of 'Swastika'". Los Angeles Times. 7 Februarie 1992. Besoek op 25 Mei 2017.
  6. "The Holy Mountain". ifccenter.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy